NG Gemeente Aasvoëlkop

Aasvoëlkop is 'n Geesvervulde NG-gemeente in die noord-westelike voorstede van Johannesburg.

Die gemeente het 1300 lidmate wat deur twee voltydse predikante en 'n jeugwerker bedien word. Gepaste benaderings word gevolg om die wye spektrum van jeuglidmate tot volwassenes te bereik en te lei op ‘n pad van positiwiteit en hoop.

Musiek vorm ‘n belangrike deel van die erediens en sielsverrykende musikale insette is integraal tot ons aanbidding van die Drie-Enige God.

Die gemeente is in 1959 gestig en die eerste predikant was die bekende ds Beyers Naudé.

Dienstye

  • Sondag oggenddiens 09h00
  • Sondag aanddiens 18h00
  • Spesiale dienste in week 19h00
  • Kinderkerk en Jnr. Kategese begin saam met die oggenddiens om 09h00
na bo