|
Die Aasvoëlkop Bybelskool is in 1983 gestig en oor die jare is duisende persone se lewens verryk met ‘n verskeidenheid kursusse oor Bybelboeke en Bybelse temas.
Daar word gewoonlik een kursus per kwartaal aangebied. Dosente is predikante of ander persone met kundigheid oor die bepaalde kursustema.
Parallelle lesings word op Maandagaande van 19:00 tot 21:00 en op Woensdagoggende van 9:00 tot 11:00 aangebied.
Inligting oor vanjaar se kursusse kan by die kerkkantoor by (011) 782 5231 verkry word.
|