Aktiwiteite

Aktiwiteite

  • Erediens elke Sondag 09:00
  • Jeugdienste Sondae 18:00 in die Lighuis
  • Kategese 10:15-11:15 in die saal

  • Elke Sondag om 08:30 –  is die kapél beskikbaar vir individuele  voorbereiding en voorbidding vir die erediens.
    • Gebedsdiens – Elke Woensdag 11:00 in die kapél.
    • Gebedsaksie – Onthou om enige gebedsversoeke deur te gee na die kerkkantoor by (011) 782-5231. Gebruik die afkondigingsblaadjie en bid deur die week vir alles daarop.
  • Gemeentelede word versoek om enige gebedsversoeke in die houtkissies in die voorportale van die kerk te plaas.
  • Seattle Coffee Shop
    • Elke Vrydagoggend is daar ‘n byeenkoms in Seattle Coffee Shop in Cresta oor ’n aktueel Christelike saak. Bekende sprekers, goeie insette en lekker bespreking vind plaas. Die   byeenkoms begin 06:15 (vir 06:30) en eindig 07:30 stiptelik. Regtig die moeite werd – kyk gerus op www.tgif.org.za. Interkerklik – geen fooie en geen verpligtings.

Preke

Luister gerus na ons eredienste op Sondae. Kliek hier of gaan na ons tuisblad en kliek op Preke.

 

 SnapScan – Slimfoonbydraes is veilig en gerieflik!

Lidmate het nou ‘n maklike en veilige manier om Sondag se dankoffer, gereelde maandelikse dankoffer of enige ander betalings te maak en sodoende op die manier die gemeente in staat te stel om effektief te bly funksioneer.

Hoe werk SnapScan?

WCS4576 (2)

  • Laai eers die toepassing (app) met die selfoon se App Store af of besoek bloot die www.GetSnapScan.co.za tuisblad – ongeag ‘n Standard Bank kliënt of nie.
  • Maak die SnapScan app op die foon oop en tik op “scan”. Hou dan die slimfoon se kamera oor die unieke NG Aasvoëlkop SnapCode – hiernaas –  om dit te skandeer. Die app identifiseer NG Aasvoëlkop outomaties en vra om die bedrag te verskaf wat oorbetaal moet word. Vul asb ook die doel van die inbetaling in die aangeduide plek in. ‘n Unieke en veilige PIN om die transaksie te bevestig word verskaf. Die gemeente ontvang ‘n kennisgewing via SMS. Die persoon wat die inbetaling doen kan op versoek anoniem bly.

Kruispunt

Kliek hier om die nuutste uitgawe van Kruispunt aanlyn te lees

Kruispunt (geen Kruispunt verspreiding gedurende skoolvakansie)