Ouetehuis-uitreike, Omgee en Gasvryheiddiensgroep 2016

November 2016

Liewe diensgroeplede

Ek wil net weer baie, baie dankie se vir jul ruim bydraes en oop harte vir die uitreike na Caro Huis en Montgomery Haven.

Die volgende was deel van die verrykende ervaring: hul dankbaarheid en opgewondenheid oor die geskenkpakkies, glimlagte ten spyte van jare van pyn en verlamming, diegene wat in hul eie wereld leefsaambid met hul oor gebroke verhoudings, eensaamheid en vrees.

n Tannie wat kaartjies maak en verkoop, een wat boeke vol kreatiewe prente inkleur, Alzheimer-lyers wat met groot glimlagte die kolwyntjies verslind. En ‘n klomp seniors wat vir ons ‘Cause they are jolly good fellows’ sing!


Julle het n verskil gemaak.

Liefdegroete

Annette

[Best_Wordpress_Gallery id=”19″ gal_title=”Ouetehuis-uitreike, Omgee, Gasvryheiddiensgroep”]